Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Dirk Wessels, stadsraadslid en burgemeesterskomiteelid vir finansies en strategiese dienste, speel vanmiddag die eerste keer in baie jare in 'n rugbywedstryd.
Hy draf vir die Vegmakoue teen die Harlequins Legends uit tydens die George Tens Sport & Leefstylfees op Outeniquapark.
Die 34-jarige Wessels was in sy jonger dae 'n kranige rugbyspeler wat in die verlede as skrumskakel uitgedraf het.
Hy het ook vroeër jare vir Ierland gespeel.
Dirk Wessels het stewige ondersteuning op die pawiljoen. Van sy kollegas het hom kom ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'