GEORGE RUGBY-NUUS - Hoërskool Outeniqua is baie trots op die 26 seuns wat opgeneem is in verskeie SWD-skolerugbyspanne wat eerskomende vakansie aan die SA skolerugbytoernooie gaan deelneem.
Die Kwaggas is ook die grootste groep in die SWD en daarby die enigste skool met twee hoofafrigters.
Gelukwense aan Jaco Janse van Rensburg, hoofafrigter van die o.18 Cravenweekspan en Liaan Scriven, afrigter van die o.16 Grant Khomo-span.
Deelnemers aan die Cravenweek o.18-span. Voor, van links: Jaco Janse van Rensburg (hoofafrigter), Zander Bezuidenhout, Tinsley Stuurman, Casten Michaels en Chadley Josias. Agter: Abré Minnie, Francois Breytenbach, Leonardo Coetzee, Leon Volschenck, Corne Struwig, Bennet Nortjé en Matthew Thorne.
Hierdie seuns is vir die Grant Khomo o.16-span gekies. Voor, van links: Aubrey Adams, Lawrence Burton, Russel Tenteni, Dewanley van Rensburg en Johan Leonard. Agter: Liaan Scriven (hoofafrigter), Ludik Muller, Oliver Kurz, Patrick Kitete, Elzaine Terblanche en Laluma Dyanti.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'