Gallery
GEORGE RUGBY NUUS - Hoërskool Outeniqua van George se o.19A-rugbyspan is terug op die wenpad nadat hul verlede week deur Paarl Gimnasium met 57-0 verniel is.
Die Kwaggas het Saterdag op hul tuisveld vir Hoërskool Framesby van Port Elizabeth in 'n interskole kragmeting met 22-14 geklop. Rustyd was die wenspan reeds met 15-7 voor.
Die wedstryd wat in winderige toestande gespeel is, is gekenmerk deur rotsvaste verdediging deur beide spanne.
Die wenspan se binnesenter en kaptein, Aylen Scabort, se spoed en kraglopies het die besoekers hoofbrekens gegee. Scabort, wat 'n pragdrie gedruk het, is aangewys as speler van die wedstryd. Leon Volschenk (haker), Jaco Gerber (vaskopstut) en flanke, Braam van Huyssteen en André Pretorius het ook 'n barshou gespeel.
"Ons span het hulself onder druk geplaas deur op kritieke tye foute te maak. My span sal moet leer om kalm te bly op die aanval sodat ons die nodige fases kan opsit om af te rond. Die span het karakter getoon met hul puik verdediging," het Abre Minnie, afrigter van die Kwaggas, na die wedstryd aan die George Herald gesê.
Trek op julle sokkies, sê Abri Minnie, hoofafrigter van die Kwaggas se o.19A-rugbyspan, oor die handradio.
Pieter Ferreira (flank) en Bennet Nortje (agtsteman) het ook vir die wenspan gaan druk. Darren Fortuin (buitesenter) slaag met twee doelskoppe en 'n strafdoel.
Ander uitslae:
Rugby:
o.19B: OHS wen 44-26, o.19C: OHS wen 31-19, o.16A: OHS wen 58-3, o.16B: OHS wen 12-11, o.15A: OHS wen 57-10, o.15B: OHS wen 25-5, o.14A: OHS wen 10-5, o.14B: OHS wen 38-3, o .14C: OHS wen 24-5.
Netbal:
Die Kwaggas se o.18A-netbalspan het vir Framesby met 25-18 geklop. Vir die wenspan het Adele Agenbag (15), Anuchka Julyan (7) en Charné van der Westhuizen (3) doele aangeteken.
Anuchka Julyan het sewe doele teen Framesby aangeteken.
Ander uitslae:
o.18B: OHS wen 24-12, o.18C: OHS wen 20-13, o.18D: OHS wen 23-11, o.16A: OHS verloor 12-29, o.16B: OHS verloor 12-17, o.16C: OHS verloor 4-19, o.16D: OHS verloor 7-22, o.14A: OHS wen 25-15, o.14B: OHS verloor 15-17, o.14C: OHS wen 14-6, o.14D: OHS wen 15-8.
Hokkie:
Outeniqua se o.19A-dogtershokkiespan het met 3-0 gewen. Gemma Hoffeldt (2) en Ineke Ferreira was die doelskieters. Hoffeldt is ook aangewys as speler van die wedstryd.
Ander uitslae:
o.16B (dogters): OHS wen 4-0. Nadia Altun (2), Chloe Landsberg en Elle Engelbrecht was die doelskieters. o.16B (seuns): OHS wen 2-1, Tristan van der Walt en Edrich Slabbert was die doelskieters. o.19C (dogters): OHS wen 3-0, o.16C (dogters): OHS wen 3-1.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'