Gallery
GEORGE NUUS - Hoërskool Ourteniqua het by die 25ste Canon Smart Office Connection junior Kwagga-rugbyweek weer sy beste voetjie voorgesit en 'n skitterende toernooi vir die honderde toeskouers, spelers, onderwysers en afrigters aangebied.
Dié toernooi vir 0.14- en o.15-spanne kan met reg daarop aanspraak dat dit die grootste van sy soort in Suid-Afrika is.
Hugo Redelinghuys het die Kwaggas se o.15A-span gaan kiek.
Adriaan van Huysteen word net betyds aan sy hakskeen beetgekry.
Emile Goedhals storm met die bal onder sy arm deur twee verdedigers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'