Breaking News
GEORGE NUUS - Die semi finale wedstryde in die Super liga wat Saterdag 28 Oktober op Outeniquapark beslis sou word, is uitgestel.
Dit is kort gelede deur Ben Brinkhuis, president van SWD Rugby, bevestig.
Hy het aan George Herald gesê die weervoorspelling dui op 'n 100% kans vir reën in George.
Daar is besluit om nie eers tot Saterdag te wag om die twee wedstryde uit te stel en eerder vroegtydig op te tree.
Dit sal nou op 4 November beslis word.
Dit raak nie die wedstryde wat in Oudtshoorn beslis gaan word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’