GEORGE RUGBYNUUS - 'n Besoek aan die Heidelberg dié naweek, die begraafplaas van verskeie spanne in die Mic Fin Premierliga vanjaar, sal Evergreens sekerlik 'n paar koue rillings gee. Maar die Pacaltsdorpers se goed geoliede masjien loop nou seepglad en dit sal 'n groot verrassing wees as hy hier vasval.
Jaguars, wat Blanco met 32-14 geskok het, sal George op sy tuisveld toets. Crusaders sal sy tuisveldvoordeel gebruik om Barbarians te bêre en 'n verdere vyf punte in te samel.
Só lyk die klubrugbyprogram (tuisspan eerste genoem):
Saterdag 7 September
- Progress teen Maori's
- Crusaders teen Barbarians
- Heidelberg teen Evergreens
- Bridgton teen Groot-Brak
- Blanco teen Silver Stars
- George teen Jaguars
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'