GEORGE RUGBYNUUS - Alle paaie sal Saterdagmiddag na die Rosemoor-stadion lei waar Progress vir Crusaders in 'n Mic Fin Premierliga-wedstryd pak in wat allerweë as 'n kleedrepetisie vir 'n plek in die uitspeelrondes beskou kan word.
Dis twee bulspanne wat mekaar pak en om nou 'n wenner in dié tweestryd te voorspel, is beslis 'n taai toffie. Selfs beroepswedders sal hul sente mooi omdraai en diep moet dink voordat hulle 'n weddenskap op een van die twee spanne plaas.
Crusaders lê tans in die tweede plek op die puntelys met 43 punte en in sy nek blaas Progress in die derde plek op 41 punte. Evergreens gee steeds die pas aan in die eerste plek met 44 punte.
Kom maar vroeg, want Rosemoor gaan uit sy nate bars.
In die enigste ander ligawedstryd kom Evergreens in Pacaltsdorp teen Silver Stars te staan. Hoor mens iemand fluister "kuikenmoord?"
Al die ander spanne het 'n loslootjie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'