SUID-KAAP RUGBYNUUS - Drie klubrugbywedstryde in die Mic Fin Premierliga dié naweek sal met groot belangstelling dopgehou word.
Progress pak vir Barbarains in Rosemoor, Crusaders speel in Parkdene teen Groot-Brakrivier en Bridgton en Evergreens pak mekaar (waarskynlik) in Oudtshoorn.
Barbarians, wat onverwags met 31-25 deur Maori's geklop is, Groot-Brak en Bridgton sal oorgehaal wees om hul kragmetings te wen en hul posisies op die punteleer te verbeter.
Só lyk die klubrugbyprogram (tuisspan eerste genoem):
Saterdag 25 Mei
- Progress teen Barbarians
- Crusaders teen Groot-Brak
- Bridgton teen Evergreens
- Heidelberg teen Silver Stars
- Blanco teen Jacquars
- George teen Maori's.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'