Video
GEORGE SPORTNUUS EN VIDEO'S - Die Jong Arende het vanmiddag die knie gebuig teen die Griffons, in SA Rugby se o.21 Skildreeks, toe die span 25-53 verloor het.
Maar dis nie die einde van die pad.
Die Jong Arende moet nou aanstaande Saterdag, 8 Oktober, teen die Valke in Brakpan in die een halfeindronde speel.
Wen die span daar, dan speel hulle 'n week later in die eindronde.
Afhangende van wat in die ander halfeindronde gebeur, kan dit net wees dat die Jong Arende dalk teen die Griffons in die finaal speel.
Vanmiddag se wedstryd was kliphard.Die Griffons was die gunstelinge om te wen,maar die Jong Arende het hul man gestaan. Die toeskouers sal nie kan kla. Al het die tuisspan verloor, is die toeskouers trakteer op opwindende rugby veral in die tweede helfte.
Vir 'n rukkie kon mense selfs vergeet van beurtkrag wat vir 'n groot deel van die wedstryd van toepassing was in George.
Die Griffons het ses keer agter die doellyn gaan kuier en die Jong Arende drie keer.Die Jong Arende het by tye gewys dat hy 'n span gaan wees om mee rekening te hou die aanstaande Saterdag en as hulle daar wen op 15 Oktober.
VIDEO - Jong Arende verloor (Video: Eugene Gunning).
VIDEO - En nou vir die Valke (Video: Eugene Gunning).
Die Jong Arende op die aanval in die eerste helfte.
Die Jong Arende hou kajuitraad kort na die einde van die wedstryd.
Die Griffons hou 'n spanpraatjie na die wedstryd.
Ben Brinkhuis,waarnemende president van SWD Rugby, was onder die toeskouers. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'