Gallery
RUGBY NUUS - SWD het ongelukkig vanmiddag verloor teen WP in die hoofwedstryd van die eerste dag van die o/18 Cravenweek.
Die eindtelling was 42-12.WP, die verdedigende kampioen, het net te veel skietgoed gehad vir die moedige SWD span.
FOTOGALERY: SWD verloor teen WP
In die doodsnikke van die wedstryd het SWD 'n drie gaan druk,maar toe het WP reeds die wedstryd in die sakkie gehad.
Die eerste wedstryd môre tussen Griekwas en die Luiperds begin om 10:30.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’