RUGBYNUUS - Die Valke het vanmiddag die Arende 55-38 geklop in die Mzansi-eindstryd wat in Kempton Park plaasgevind het.
Ofskoon die Arende moedig probeer het was die Valke grotendeels in beheer van die wedstryd.
In die laaste 10 minute het dinge verder skeef geloop vir die Arende toe een sy spelers 'n rooi kaart gekry het.
Kort voor die einde het Mpho Ntsane bietjie opwinding vir die Arende se ondersteuners gegee toe hy naby die hoekvlag oorgeduik het.
Die koël was egter toe reeds deur die kerk en die Valke is die 2023 Mzansi kampioene.
Verwante artikel: Everest wag vir Arende
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’