Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Internasionale rugby word vandag, Saterdag 30 Julie, in George gespeel.
Die o. 16-rugbyspanne van St George's High School van Argentinië en Hoërskool Heatherlands meet kragte.
Dit is deel van ‘n sportdag en kragmetings vind plaas op Heatherlands se velde. Nog ander skole is na die geleentheid genooi waaronder Sao Bras Sekondêr van Mosselbaai, Pacaltsdorp Sekondêr en Groot-Brak Sekondêr.
Daar word ook meegeding in netbal en basketbal.
Kort voordat die hoofwedstryd begin het, is Argentinië en Suid-Afrika se nasionale volksliedere gespeel.
Juan Pablo Taboada, een van die afrigters van die Argentynse span, het gesê die skool is in Buenos Aires, hoofstad van Argentinië geleë. Dit is die derde keer dat die skool so ‘n reis na die buiteland onderneem, Dis ‘n sport en kulturele reis.
“Die seuns geniet die reis baie en dis ‘n wonderlike ondervinding vir hulle.”
VIDEO: Internasionale rugby in George
Volgens hom is rugby baie gewild in Argentinië en dit groei in gewildheid.
Kidron Kaboni, koordineerder van sport en ‘n onderwyser by Heatherlands, het gesê die skool is sentraal geleë. Daar word saam met SWD Rugby gewerk om die skool ‘n skool ‘n sport mekka te maak.
Voorts om dit ook ‘n kulturele mekka te maak.
VIDEO: Internasionale rugby by skool se sportdag
VIDEO: Internasionale skolewedstryd begin
Die bestuurspan van St George's High School van Argentinië, John Cavernelis (links) bestuurder, Juan Pablo Taboada (afrigter) en Diego Cebey, afrigter.
Die St George's High School span van Argentinië hou ‘n spanpraatjie kort voor die begin van die wedstrtyd.
Foto's: Eugene Gunning
VIDEO: Argentinië volkslied rugby skolewedstryd
VIDEO: SA volkslied gespeel skole sportdag
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'