Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Sakeleiers in George is nie net goeie besigheidsmense nie. Daar is van hulle wat ook oor rugbyvaardighede beskik.
Dit was Donderdagaand, 24 November, te sien tydens 'n geleentheid wat onder die vaandel van die George-sakekamer aangebied is.
SWD-rugby en Eerste Nasionale Bank was die gashere van die geleentheid wat op die hoofveld van die Outeniqua-stadion aangebied is.
In 'n stadium het dit liggies begin reën, maar dit het nie die geesdrif van aanwesiges gedemp nie.
Onder die aanwesiges was George-burgemeester, Leon van Wyk, Dirk Kotze, Mosselbaai se burgemeester en verskeie spelers van die SWD Arende. Die verwelkoming is deur dr. Willie Cilliers, voorsitter van die George-sakekamer gedoen.
‘n Informele kompetisie is gehou waar sakeleiers rugbyballe pale toe kon skop en ook balle in lynstane kon ingooi.
Van hulle het gewys dat hulle 'n rugbybal net so behendig kan hanteer soos enige saketransaksie.
VIDEO: Sakeleiers ken van rugby
VIDEO: Sakekamer hou geleentheid
VIDEO: Anton praat met die George Herald
Van die aanwesiges by die geleentheid: Brendon Adams en Anton Dellemijn, onderskeideklik lede van die George en Mosselbaai stadsrade, Leon van Wyk, George se burgemeester, Dirk Wessels, lid van die George-stadsraad en Dirk Kotze, Mosselbaai se burgemeester. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'