GEORGE NUUS - Ses rugbyspelers van Hoërskool George is opgeneem in die Suid-Kaapse Sportspan wat vir 'n oorsese toernooi gekies is. Die span vlieg die naweek Ierland toe. Hoofafrigter, Shamark Pedro, sê hy is trots op sy spelers wat die span gehaal het.
"Ek sal hulle altyd ondersteun. Ek kon ook reeds vroeg talent in die jong mans raaksien."
Volgens Pedro gaan kyk hy hoe laerskoolspanne speel om talent vir die hoërskool raak te sien. Die skool en sy gemeenskap is baie trots op die seuns wat die enigste in George is wat vir die span gekies is.
Die seuns speel in spanne van o.18 tot o.15 en moes elk R40 000 insamel. Van hulle sukkel nog met sakgeld, maar die ouers is dankbaar vir almal wat hul ondersteun het. Ouers moes alles in hul vermoë doen om betyds die geld in te betaal.
Volgens Pedro het baie van die spelers die talent om provinsiaal en selfs nasionaal of internasionaal te speel. Rowan en Verneto wat die jaar skool verlaat sien uit na wat universiteitsrugby hulle kan bied en sal graag vir die Universiteit Stellenbosch rugby wil speel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'