RUGBY NUUS - Die SWD Arende se wedstryd in die Mzansi-reeks Saterdag 3 Junie teen Kenia in Nairobi is gekanselleer.
Dit beteken dat die Arende die vyf punte in die reeks kry.
Die span sou reeds Saterdag 27 Mei in Harare teen die span van Zimbabwe uitdraf in die Mzansi-reeks, maar die wedstryd is ook ongelukkig afgestel. Die span het toe die vyf punte in die reeks verdien.
Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby, het vanoggend aan George Herald die jongste toedrag van sake bevestig.
Dit beteken dis ‘n tuis halfeindstryd vir Arende op 10 Junie. Die oorblywende wedstryde in die reeks die naweek sal bepaal wie die Arende se teenstanders sal wees.
As die Arende die halfeindstryd op Outeniquapark wen dring die span deur na die eindstryd.
Brinkhuis het gesê die unie is trots op die Arende wat so goed gevaar het in ‘n internasionale kompetisie.
Hulle het so verseker dat ‘n tuis halfeindstryd kan plaasvind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’