GEORGE NUUS - Daar is groot afwagting in die Van der Merwe huishouding van George vir more Sondag 10 September se toets tussen die Springbokke en Skotland.
Ofskoon die Van der Merwes trotse Springbok-ondersteuners is,is hulle ook baie trots op hul familielid Duhan wat op vleuel vir die Skotte uitdraf.
Duhan is oorspronklik van George.
Sy ma,Dulene het 'n besonderse trui en wys waar hulle lojaliteite gaan wees van so 17:45 Sondag.Hier is Dulene saam met Duhan se ouma en tannies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’