RUGBYNUUS - Die Springbokke het die wêreldbeker weer gewen - die vierde keer. Dié keer 12-11 teen die All Blacks.
Die naelbyt is egter nog nie verby nie en George is daarby betrokke.
Twee oudinwoners Manie Libbok en Duhan van der Merwe is op die kortlys vir gesogte toekennings van Wêreldrugby. Dit word vanaand, 29 Oktober, in Parys Frankryk bekend gemaak.
Libbok, wat vir die Springbokke uitdraf, is genomineer in die afdeling, Deurbraakspeler van die jaar. Van der Merwe, wat vir Skotland speel, is genomineer vir Drie van die jaar.
George hou duime vas vir Libbok en Van der Merwe.
*Eben Etzebeth is genomineer vir Speler van die jaar en Jacques Nienaber vir Afrigter van die jaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’