GEORGE NUUS- Die wedstryd tussen die A-spanne van Evergreens en George-rugbyklub vind môreaand 21 Junie om 19:00 op Outeniquapark plaas.
Die wedstryd sou Saterdagmiddag, 10 Junie, om 17:00 plaasvind, maar moes uitgestel word. Die SWD Arende het teen Boland Kavaliers om 15:00 gespeel.
Die vlieg in die salf daarna was beurtkrag wat om 18:00 begin het. Daar was nie genoeg opwekkingsvermoë om die ligte van 18:00 by die stadion te laat brand.
Perez Julyan, voorsitter van George wat die gasheer vir die wedstryd is, het kort gelede gesê toegang vir môreaand se wedstryd is gratis.
Daar is groot belangstelling vir die wedstryd. Die hekke open reeds om 17:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’