Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Evergreens gee steeds die pas aan in die Mic Fin Premierligaklubrugbykompetisie nadat hy Crusaders Saterdag in die Pacaltsorp-stadion met 21-12 geklop het.
Evergreens loop nou voor met 34 punte ná agt wedstryde met Crusaders in die tweede plek (29 punte ná sewe wedstryde). In sy nek blaas Progress (29 punte ook na sewe wedstryde).
Talle ongedwonge hanteerfoute, veral in die tweede helfte toe Crusaders die meeste aanvalswerk gedoen het, het die besoekers punte gekos. Sulke verspeelde kanse sal Crusaders nie vorentoe in sy veldtog kan bekostig nie.
Die slegte nuus vir die ander spanne is dat Evergreens 'n paar van sy groot kanonne weer terug het in die span.
Leegan Moos (losskakel) is weer Saterdag as plaasvervanger opgestuur.
En die skitterende Freginald Africa behoort al die komende naweek teen Bridgton ingespan te word as die uitstaande papierwerk betyds afgehandel kan word.
Jayden Onkers gaan grond toe met die bal. Van links storm Justin Damons (plaasvervanger-haker), Devron Jansen (flank) en Jason Martiens (plaasvervanger-flank) nader.
Wayne Khan storm ‘n verdediger van Evergreens uit die pad.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'