Gallery
GEORGE NUUS - Evergreens maak die pap behoorlik dik aan in die SWD Mic Fin Premierliga. Sy drie eerste spanne lê tans bo-aan die puntelys.
Evergreens se eerste span spog met 63 punte, drie voor Crusaders (60) wat 'n wedstryd minder gespeel het. Evergreens se tweedes het 68 punte met Barbarians wat tweede lê met 59 punte.
En Evergreens se derde span gee die pas aan met 55 punte met Barbarians tweede op 54 punte.
Evergreens het geen moeite ondervind om George verlede Saterdag op Pacaltsdorp met 48-7 te oorrompel nie. Johan Faasen het die wedstryd se aksie gaan afneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'