GEORGE NUUS - Na Saterdagaand, 23 September, se nederlaag van die Springbokke teen Ierland het Suid-Afrikaanse rugby-entoesiaste nie geglimlag nie.
Sondagaand, minder as 24 uur later, het die ou Suid-Afrikaner Duhan van der Merwe hulle egter darem iets gegee om oor te glimlag.
Hy het 'n reuse aandeel gehad in Skotland se oorwinning van 45-17 oor Tonga in die WB-toernooi.
Benewens 'n drie wat hy gedruk het, is hy ook as die Man van die wedstryd aangewys. Duhan kom oorspronklik van George en het in 2013 aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer.
Hy het in 2020 die eerste keer vir Skotland uitgedraf en al meer as 30 keer die land se trui oor sy kop getrek.
In 2021 was hy 'n lid van die Britse en Ierse Leeus se toerspan na Suid-Afrika. Duhan het in al drie die toetse teen die Springbokke gespeel. Sy ouers, Alhan en Dulene van der Merwe, woon steeds in George.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’