GEORGE RUGBYNUUS - Die SWD o/18 Cravenweek span het sy verpligtinge in die toernooi op Outeniquapark op 'n hoogtepunt afgesluit toe hy WP XV met 27-26 geklop het.
Dit was tot die einde 'n naelbytstryd en alles het afgehang van die laaste doelskop.
In die doodsnikke was SWD nog 20-27 agter. SWD het egter kop gehou en agter die doellyn gaan kuier. Telling 25-26.
Ellie Meyer, SWD skrumskakel, het nader gestaan vir een van die belangrikste skoppe van sy loopbaan. Sy senuwees het gehou en hy het die bal oorgeklits. Dit het gesorg dat SWD die wedstryd wen.
Die vreugdevure brand hoog in die SWD geledere en nie eers die koue demp die gemoedelike atmosfeer.
Foto's - Eugene Gunning:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’