Gallery
GEORGE RUGBY NUUS - Crusaders is die nuwe Mic Fin Premierliga-kampioen nadat hy Evergreens verlede Saterdag op Outeniquapark in die taai eindstryd met 25-23 geklop het.
Evergeens, wat sonder vier gereelde eerstespanstaatmakers moes klaarkom, kon net sowel die wedstryd gewen het. 'n Onverklaarbare besluit laat in die tweede helfte om kantlyn toe te skop in stede daarvan om 'n maklike strafskop in drie punte te omskep, was die keerpunt wat Evergreens gekelder het.
Die Pacaltsdorpers kon nie van die lynstaan af kapitaliseer nie met Crusaders wat soos Trojane verdedig het.
In die doodsnikke het Wayne Kahn, plaasvervanger-haker, vir Crusaders oorgeval vir die wenpunte. Oor dié drie sal daar nog lank geredeneer word of die bal wel geplaas is of opgehou is.
Maar, nou ja, die telling staan en Crusaders, wat vir die tweede helfte van die seisoen die pas aangegee het, is welverdiend as die SWD se klubkampioen gekroon.
Wayne Kahn (plaasvervanger-haker) val in die doodsnikke van die Premierliga-eindstryd oor vir die wendrie teen Evergreens met sy spanmaats wat al juigend op hom afstorm.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'