Tydens 'n spesiale funksie vir die twee spanne se spelers, afrigters en bestuurders het Standers sertifikate aan die kapteins van die twee spanne, Christo du Plessis (Blanco) en Enrico Beukes (Pacaltsdorp Evergreens) oorhandig om erkenning te geen aan dié twee spanne van George.
Die spanne het in die eindstryd van die SWD-premierliga deelgeneem op Saterdag 25 Augustus te Outeniqua Park. Alhoewel Evergreens as kampioene gekroon is in die eindstryd, het Blanco United daarin geslaag om 'n plek los te speel in die nasionale klubkampioenskap, wat tans (14-22 September) in Rustenburg plaasvind.
Blanco het daarin geslaag om te kwalifiseer vir die toernooi deur eerste te eindig op die punteleer van die SWD se premier-liga. Hulle het besonders goed gevaar gedurende die 2012-rugbyseisoen en slegs vier wedstryde verloor, wat die klubfinale insluit.

George se uitvoerende burgemeester, Charles Standers oorhandig Blanco United se burgemeesterstoekenning aan hul kaptein, Christo du Plessis.