GEORGE NUUS - As jy 'n ondersteuner van die SWD Arende is, behoort jy Saterdagmiddag, 20 Mei skuins na 17:00, te weet waarheen jou span vanjaar op pad is.
Die Arende speel om 15:00 teen die Boland Kavaliers in Porterville in 'n eerste divisie van die Curriebeker- én Mzansi-reekse. As die Arende wen, is hulle byna verseker van 'n eindstryd in die Curriebekerreeks.
Dit gaan op die oomblik goed met die Arende nadat die span die afgelope tyd reeds ses oorwinnings agtereenvolgens behaal het. Die span beklee met 33 punte die eerste posisie op die punteleer.
Die Valke het 28 punte, maar moet egter nog twee wedstryde speel. Saterdag is die laaste in die wedstrydreeks vir die Arende teen 'n Suid-Afrikaanse span. Die Arende moet na Saterdag nog teen Zimbabwe in Harare en Kenia in Nairobi speel.
Daarna vind die halfeindstryd en eindstryd plaas en die Arende het 'n goeie kans om daarvoor te kwalifiseer,
As die Arende Saterdag teen Boland verloor is alles nie verlore nie. Baie sal dan afhang van hoe die ander spanne vaar.
Anton Moolman, hoofafrigter van die Arende, het Dinsdag benadruk die fokus is nou op Saterdag. Die Arende wil baie graag die wedstryd wen. Die span wil voortbou op sy vertoningslys.
In die geheel is hy sover tevrede met die span se vertoning. Veral in die middel seisoen is harde werk ingesit en die span begin nou die vrugte daarvan pluk.
Sisteme is in plek en daar is ook 'n goeie gees in die span. Daar is nie eindelik beserings in die span nie. "Ons is vol moed vir Saterdag se wedstryd en ons sien uit daarna."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’