GEORGE NUUS - Die SWD Arende het vanmiddag, Saterdag 14 Mei, hul ondersteuners baie bly gemaak toe hulle die Valke met 38-35 geklop het.
Die wedstryd, in die eerste divisie van die Curriebekerreeks, het op die Bosman-stadion in Brakpan plaasgevind.
Dit was 'n baie opwindende wedstryd en beide spanne het verskeie kere agter die doellyn gaan kuier.
Die Arende het eerste punte aangeteken en binne die eerste tien minute 'n drie gaan druk. Dit was 'n wipplank stryd en rustyd was die telling 21-21.
Die uitslag was tot kort voor die einde in die weegskaal en die Arende het kop gehou.
Kort voor die einde het die Arende 'n strafskop oorgeskop en die wedstryd beklink.
Die Arende het nou vyf wedstryde agter die blad waarvan hy drie gewen het en twee verloor het. Sy volgende wedstryd in die reeks is Vrydag 20 Mei teen die Zimbabwe Goshawks op Outeniquapark in George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'