GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Anton Moolman (51) is die nuwe hoofafrigter van die SWD Arende. Dit is vanoggend deur Hennie Baartman, president van SWD rugby in George bekend gemaak.
Moolman kom in die plek van Eddie Myners wat die Arende verlede seisoen afgerig het. Myners was nie weer beskikbaar nie. Hy is nou die assitent-afrigter van die vroue Springbokrugbyspan en gee aandag aan die voorspelerspel.
Moolman het in die verlede Boland as 'n senter verteenwoordig. Hy het ook uitgebreide afrigtingsondervinding in Suid-Afrika en die buiteland. Tot verlede week was hy nog betrokke by afrigting in Frankryk en het eers die afgelope paar dae na Suid-Afrika teruggekeer.
Baartman het vanoggend tydens Moolman se verwelkoming gesê altesaam 16 aansoeke is vir die pos ontvang. SWD is baie opgewonde oor Moolman se aanstelling. "Ons glo hy is die regte keuse."
VIDEO: Nuwe hoofafrigter van die Arende, Anton Moolman
VIDEO: Hennie Baartman gesels oor die nuwe afrigter van die Arende
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'