Michael Vermaak is ook as gevolg van 'n kniebesering nie vir die wedstryd oorweeg nie. Beide spelers sal weer fiks wees vir die volgende wedstryd wanneer die span van die WP gepak word. Afrigter Eddie Myners is vol vertroue dat sy span wenrugby gaan speel en die bure van die Oos-Kaap met die kous oor die kop gaan terugstuur.
Die Arende is altyd 'n moeilike span om op eie werf te klop en Vrydagaand gaan hopelik vir die plaaslike ondersteuners nie 'n uitsondering wees nie. Myners sal ook in hierdie wedstryd wil bewys dat sy groep spelers genoeg talent en afronding het om hul stemme in die Vodacombeker-kompetisie dik te maak.
As spanbouaksie voor Vrydagaand se wedstryd het die Arende in verskeie spanne verdeel en hul slag op die kegelbaan by Let's Go Bowling gewys.
Die groep is in vyf spanne van ses elk opgedeel en die kompetisie was deurgaans taai en die onderskeie spanne het geveg vir die eer-ste posisie.
Die span wat die hoogste telling aan die einde van die spanbouaand gehad het, het 'n totale telling van 697 opgestel. Die spanlede was Alshaun Bock, Anton Beswick, Cecil Dumont, Grant le Roux, Lehan Koekemoer en Mzoxolo Dyantyi.
Grant le Roux kan nie net rugby speel nie, maar het ook die hoogste telling onder die hele SWD Arende gehad met Lehan Koekemoer in die tweede plek en Hein Potgieter derde. Die wedstryd in die Vodacomreeks begin om 19:00.
Die spanlys vir die wedstryd is: 15 Raynor Becker, 14 Clinton Wagman, 13 Cornelius Rautenbach, 12 Jeffrey Taljard, 11 Alshaun Bock, 10 Cecil Dumond, 9 Mzoxolo Dyantyi, 8 Llydon Hartnick (k), 7 Grant le Roux, 6 Shawn Raubenheimer, 5 Hein Potgieter, 4 Lubabalo Mtyanda, 3 Dean Hopp, 2 Xavier Scholtz, 1 Jacques Rossouw. Plaasvervangers: 16 Wayne Khan, 17 Anton van der Westhuizen, 18 Herndrik Koekemoer, 19 Buran Parks, 20 Johan Herbst, 21 Wentsley Scott, 22 Baldwin McBean.
.jpg)
Die groep SWD Arende wat hul slag op die kegelbaan gewys het, saam met beamptes afgeneem. Foto: Chané Labuschagne