Update
GEORGE NUUS - Dis rustyd op Outeniquapark en die Arende is 27-7 voor teen die Luiperds. Kort na die begin van die wedstryd het dit saggies begin reën en dis 'n baie harde wedstryd.
Sovêr voer die Arende die bo-toon.
Die Luiperds het eers na 36 minute punte aangeteken. Darryn Fortuin het in die 29ste minuut 'n skitterende drie vir die Arende gedruk.
Hy het 'n breekslag gemaak en reg deur die Luiperdspan gehardloop.
Vorige artikel: Arende onder druk
Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'