Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die SWD Arende het vanmiddag deurgedring na die finaal van die Mzansi beker toe hy die Boland Kavaliers 38-27 geklop het.
Die Arende sal op 24 Junie in die finaal waarskynlik teen die Valke speel. Teen rustyd was die Arende 26-20 voor.
Beide spanne het verskeie kere agter die doellyn in die eerste helfte gaan kuier.
Anton Moolman, die Arende se afrigter, het na die wedstryd gesê hy is tevrede met sy span se vertoning.
Dit was 'n wonderlike wedstryd.
Ben Brinkhuis, president van SWD Rugby, het gesê hy is tevrede met die Arende se vertoning.
Die span het karakter gewys. Die span het gewen nieteenstaande al die uitdagings die afgelope paar dae af van die veld.
VIDEO: Ondersteuners ongelukkig
Die wedstryd tussen Evergreens en George wat na die Arende wedstryd sou plaasvind is uitgestel. Ondersteuners van Evergreens is erg ontstoke omdat die wedstryd teen George uitgestel is. Hulle het gehoor dis oor beurtkrag wat om 18:00 begin. Volgens hulle het hulle na die Arende wedstryd gekom sodat hulle na die Evergreens wedstryd wou kyk. Hulle moes betaal en nou is die wedstryd af. Ben Brinkhuis,president van SWD Rugby, het gesê die twee klubs se bestuurspanne het saam besluit om die wedstryd uit te stel. Die kragopwekker is nie voldoende. Dit sou te laat wees as die wedstryd eers 20:30 na beurtkrag gespeel moes word. 'n Nuwe datum sal later aangekondig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’