Gallery
GEORGE RUGBY NEWS - Blanco se skerpskutter-heelagter, Alain Jansen, het Saterdagmiddag nege waardevolle punte aangeteken met die skoen in hul oorwinning van 21-17 oor Maori's op die Heidedal-sportterrein.
Die Premierliga-rugbywedstryd wat in nat winderige omstandighede gespeel is, was moeilik en het opwindende hardlooprugby opgelewer.
Blanco, wat na 17 wedstryde die 9de posisie op die punteleer beklee met 17 punte, het met die sege verseker dat hul weer in 2019 in die Premierliga meeding.
Maori's, wat na 17 rondes wedstryde die tiende posisie op die punteleer beklee met 11 punte, speel volgende seisoen in die Presidentsliga-kompetisie.
Die skeidsregter, Ruhan Meiring, wat die wedstryd goed gehanteer het, het in die eerste helfte van die wedstryd vir Ricardo Jansen (agtsteman) van Maori's met 'n geelkaart van die veld gestuur.
Blanco se pak voorspelers het die grondslag vir die oorwinning gelê. Ian Alexander (agtsteman) en Marshel Abrahams (flank) het die oog gevang. Agterlangs het Elton Olivier (linkervleuel) goeie spel gelewer.
Maori's, wat drie drieë gedruk het, se puik agterspel het die skare op hul voete gehad. Marshell Frans (heelagter), Cedric Ryneveld (regtervleuel) en senterpaar, Alton Tarentaal en Eben Moos, was die tuisspan se planmakers agterlangs. Charl Jon Payle (slot) het goeie balle in die lynstaan gewen.
Vir Blanco is Thulani Njenje (flank) oor vir 'n drie. Hulle het ook 'n strafdrie gekry. Alton Tarentaal (buitesenter), Lorenzo Williams (losskakel) en Marshell Frans (heelagter) het vir die tuisspan gaan druk. Frans slaag ook met 'n doelskop.
Crusaders het op die Parkdene-sportterrein vyf drieë gedruk in hul oortuigende oorwinning van 29-14 oor Groot-Brakrivier. Die wenspan, wat Saterdag vir Blanco op sy tuisveld pak, beklee die derde posisie op die punteleer met 59 punte.
Crusaders behoort op Saterdag 18 Augus-tus vir Barbarians op die D'Almeida-sportterrein in een van die uitspeelrondes te pak.
Ian Alexander, agtsteman van Blanco, vang die bal voor Shushane Wesse, flank.
Jayden Onkers (binnesenter), Arden Lee Wesso, Alvin Wildeman (regtervleuel), Curtley Scheepers (buitesenter) en Damian Cedras (plaasvervanger) is vir die wenspan oor vir drieë. Henry Wolhuter (losskakel) klits 2 doelskoppe oor.
Henlin Botha (losskakel) en Rosswyn Abrahams (linkervleuel) is vir die besoekers oor vir drieë. Botha slaag ook met twee doelskoppe.
Evergreens het sy posisie verstewig op die punteleer na hul wegholoorwinning van 85-0 oor Silver Stars op die Rosemoor-sportterrein.
Die wenspan, wat 13 pragdrieë gedruk het, skuif op na die vierde posisie op die punteleer met 54 punte.
Divandre Strydom (linkervleuel, 3), Marshall Boesak (buitesenter, 2), J J du Toit (flank), Francois Kemp (agtsteman), David Claassen (slot), Eugene Barnard (vaskopstut), Anvor Prins (loskopstut), Bradley Michaels (plaasvervanger-haker), Rudi Michaels (plaasvervanger-skrumskakel) Nathan Beukman (plaasvervanger). Chadley Stride (heelagter) slaag met twee doelskoppe, Strydom ook 'n doelskop, C-Than Moos (losskakel) met vyf doelskoppe, Prins en Beukman klits ook elk 'n doelskop oor.
Bridgton van Oudtshoorn het vir Barbarians op die D'Almeida-sportterrein in 'n naelbytstryd met 25-22 geklop. Barbarians het 4 pragdrieë gedruk en twee waardevolle bonuspunte verdien. Hul is na 18 rondes wedstryde in die tweede posisie op die punteleer met 65 punte en is verseker van 'n tuisuitspeelwedstryd.
Marshall Abrahams, woelige flank van Blanco (links), gryp vir Elton Tarentaal, sterk buitesenter van Maori's, van agter af vas. Albei spelers het uitgeblink.
Bridgton, wat drie drieë gedruk het, skuif af na die vyfde posisie met 54 punte en 'n punteverskil van (+76). Die bonuspunt drie wat hul nie kon druk nie kan hul nog duur te staan kom om die uitspeelrondes te haal. Hul pak Saterdag op hul tuisveld vir Silver Stars van George. Wahlen Anthony (heelagter), Kervin Taute (binnesenter) en Clinton Wannies het vir Barbarians gaan druk. Hul het ook 'n strafdrie gekry.
Vir Bridgton is Anver Venter (regtervleuel) en Charlton Ewerts (linkervleuel) oor vir drieë. Daar is ook 'n strafdrie aan hul toegeken. Keanin Esau (losskakel) slaag met 'n doelskop en twee strafdoele.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'