GEORGE NUUS - Die posduif-vasbyters van George het die lang pad oor sowat 535 km vanaf Trompsburg aangepak en in die winterkoue 'n stadiger, maar steeds goeie gemiddelde spoed, opgestel.
Die duiwe in die eerste wedvlug is om 07:30 losgelaat terwyl die mandjies in die tweede wedvlug om 08:00 geopen is.
Hoewel die temperatuur vroegoggend bibberend in die Vrystaat was, het die duiwe heelpad in goeie weer gevlieg.
Klubuitslae:
OUTENIQUA POSDUIFKLUB
Ronnie Stevens en Van Wyk Lofts het die twee wedvlugte onderskeidelik gewen met hul wenduiwe wat om 13:41:35 en 13:38:25 geklok is.
Flip du Toit het egter nog steeds 'n stewige voorsprong op die punteleer.
Die 11 deelnemende duiweboere het onderskeidelik 87 en 86 duiwe vir die wedvlugte gemandjie.
Uitslae:
Ope wedvlug 1:
1, 5 & 9 Ronnie Stevens; 2 Van Wyk Lofts; 3 & 6 Stefan May; 4 & 7 Flip du Toit; 8 & 10 J&L Lofts.
Ope wedvlug 2:
1 Van Wyk Lofts; 2 & 6 Francois Marais; 3 J Gericke; 4, 5 &10 Ronnie Stevens; 6 Francois Marais; 7 Flip du Toit; 8 & 9 J&L Lofts.
Punteleer:
1 Flip du Toit 866; 2 Ronnie Stevens 710; 3 J&L Lofts 643; 4 Van Wyk Lofts 599; 5 Francois Marais 564; 6 Stefan May 563; 7 Ben McLaughlin 224; 8 Van Wyk Lofts B 179; 9 Deon & Tina Boshoff 120; 10 Frana's Lofts 109; 11 J Gericke 27; 12 JF Janse van Rensburg 16.
PROTEA POSDUIFKLUB
In die klub se twee wedvlugte het Brand Hokke en D&S Hokke onderskeidelik as wenners uit die stryd getree.
Die voorste duiwe het 'n gemiddelde spoed van 95 km/u oor die sowat 537 km gehandhaaf.
Brand Hokke loop nog voor in die kompetisie om klubkampioenskap met Blue Stratos in die tweede plek.
Uitslae:
Ope wedvlug 1:
1 & 7 Brand Hokke; 1 & 8 Jeff & Marlene Lofts; 3 D&S Hokke; 4, 5 & 9 Blue Stratos; 6 & 10 Bruce Muller.
Ope wedvlug 2:
1 D&S Hokke; 2 & 3 Bruce Muller; 4 & 7 Brand Hokke; 5, 8, 9 & 10 Blue Stratos; 6 Fourie Hokke.
Puntestand:
1 Brand Hokke 2798; 2 Blue Stratos 2346; 3 Bruce Muller 1985; 4 D&S Hokke 1233;
5 Jeff & Marlene Lofts 995; 6 Fourie Hokke 870.
GEORGE POSDUIFKLUB
Springbok Racing PI en Leon van Rooyen het onderskeidelik die twee wedvlugte gebuit.
Die twee wenduiwe is onderskeidelik om 14:08:39 en 13:44:33 geklok.
Springbok Racing PI is voor op die punteleer met Leon van Rooyen in die tweede plek en kort op sy stertvere.
Die drie duiweboere wat ingeskryf het, het altesaam 30 duiwe in elke wedvlug gemandjie.
Uitslae:
Ope wedvlug 1:
1, 4, 5 & 8 Springbok Racing PI; 2 & 3 Harm Venter; 6, 9 & 10 Leon van Rooyen.
Ope wedvlug 2:
1, 3, 4, 5, 6 & 9 Leon van Rooyen; 2 & 7 Harm Venter; 8 & 10 Springbok Racing PI.
Punteleer:
1 Springbok Racing PI 752; 2 Leon van Rooyen 743; 3 Harm Venter 730; 4 Hugo Jordaan 234; 5 Lady Cate Loft 156; 6 Willem Zeelie 127.
PACALTSDORP POSDUIFKLUB
Steenkamp se bandits het 'n "kill" gemaak in die eerste wedvlug deur agt van die eerste tien plekke in te neem en in die tweede wedvlug, wat deur Gary Page gewen is, ook 5 van die eerste tien posisies ingeneem.
Hierdie skittervertoning het hom in staat gestel om die eerste plek op die punteleer in te neem.
Page is net 8 punte agter hom in die tweede plek en sal fyn dopgehou moet word.
Uitslae:
Ope wedvlug 1:
1, 2, 3, 5, 6, 7, 9 &10 Steenkamp Bandits; 4 BSP Hokke; 8 Gary Page.
Ope wedvlug 2:
1, 2 &9 Gary Page; 3, 4, 5, 7 & 10 Steenkamp Bandits; 6 BSP Hokke; 8 Clive Kock.
Punteleer:
1 Steenkamp Bandits 370; 2 Gary Page 362; 3 BSP Hokke 245; 4 Manuel & Stoffels 208; 5 Clive Kock 67; 6 Prins Hokke 4.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'