GEORGE NUUS - Die gewilde Cairo to Cape Trail Run is net uitgestel en nie afgestel nie. Die geleentheid sou verlede Saterdag, 22 Oktober, plaasgevind het by een van die bekendste toerismebakens in die Suid-Kaap, Kaart van Afrika, (Map of Africa).
Dit vind nou plaas op Saterdag 17 Desember en daar is weer 'n 21 km-wedloop en 'n 8 km-wedloop.
Die geleentheid het verlede jaar die eerste keer plaasgevind en was baie gewild. Nie eers die reën kon toe die geesdrif demp nie.
Die terrein is ongetwyfeld een van die mooiste plekke waar wedlope kan plaasvind en dit stel groot uitdagings aan deelnemers. Die terrein is by sommige plekke moeilik.
Dit is 'n unieke wedlope. Deelnemers kry geleentheid om op die Kaart van Afrika te hardloop. Dit is soos om byvoorbeeld op Tafelberg te kan hardloop. Verlede jaar 427 deelnemers aangetree.
Alewijn Dippenaar, een van die organiseerders, het Maandag gesê van die voornemende deelnemers het aan die organiseerders aangedui hulle kom in Desember in die gebied vakansie hou. Hulle kan nie in Oktober hierheen kom en dan weer in Desember. Daar is toe besluit om die atlete tegemoet te kom.
Net 500 deelnemers gaan toegelaat word om die terrein te beskerm. Inskrywings is reeds oop en daar is alreeds inskrywings ontvang.
Verlede jaar was daar deelnemers van ander plekke soos Kaapstad en in die Oos-Kaap Na verwagting sal daar vanjaar deelnemers wees van al die provinsies.
Mense wat wil inskryf kan meer besonderhede kry by www. onlines.co.za of die Facebook-blad Adventures Garden Route.
Kaart van Afrika
Die geleentheid sal plaasvind op die plaas waarop die Kaart van Afrika geleë is en waarvan Bruce Jackson een van die eienaars is.
Die plaas is een van die oudstes in die gebied en het oorspronklik bekendgestaan as Pampoenkraal. Deesdae is dit bekend as Woodifields. Die ingang is suid van die Nelson Mandela Universiteit, George (voorheen Saasveld).
Die aanloop tot die wedloop kom ook 'n lang pad. 'n Paar jaar gelede is besluit om dele van die grond skoon te maak van indringerplante en paaie oop te maak vir noodvoertuie om toegang te kry wanneer dit nodig sou wees. Daar is toe besef dat die paaie aangewend kan word vir veldwedlope.
Deelnemers aan verlede jaar se gewilde Cairo to Cape Trail Run.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'