Gallery
GEORGE NUUS - George Voorbereidingskool se gelukbringer is nie verniet 'n yslike by met die naam Buzzbee nie.
Saterdag 23 April het hul sportterrein vibreer van opgewondenheid, energie en gees. Vir die eerste keer in drie jaar kon die gewilde o. 9-sportdag weer aangebied word.
Meer as 700 leerders is die geleentheid gebied om met hul rugby- en netbalvaardighede te spog.
FOTOGALERY: Buzzbee bring geluk by George Voorbereidingskool
Die gasheerskool was George Voorbereidingskool, maar Laerskool Park (Mosselbaai), Laerskool Vorentoe (Groot-Brak), Laerskool Wesbank (Oudtshoorn), Laerskool Knysna en Laerskool Hartenbos het die dag saam geniet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'