Hulle woon tans in Glentana waar hul soggens vroeg op die strand of op Glentana-bulte opgemerk sal word.
Díe twee is absoluut in die sewende hemel oor hul nuwe oefenterrein en kan nie genoeg kry van die manjifieke bergpieke van George en die strande van Glentana nie.
Visser en Greyling het albei op plase, onderskeidelik van ‘n bosveldplaas in Cullinan en hoëveldplaas in Carolina, grootgeword. Hulle het daarna aan die Universiteit van Pretoria studeer en in die omgewing gewerk waar Visser as ‘n geoktroieerde rekenmeester gewalifiseer het terwyl Greyling die bedryfsingenieur roete gevolg het.
Die twee se liefde vir veldlope het hulle ook aangespoor om in 2010 die Seringveld Diamond Dash-avontuurdae in die Se-ringveld-bewarea, noordoos van Pretoria, aan te bied waar avontuurliefhebbers hulself getoets het teen die tyd en die ele-mente.
Visser, Greyling en nog twee spanmaats staan saam bekend as Team Cyanosis wat die mediese term vir “blou in die gesig as gevolg van ‘n tekort aan suurstof” beteken.
Die span gaan nou aan die einde van Oktober aan die Avontuurwedloop Wêreldkampioenskappe in Tasmanië, Australië, deelneem.
Avontuurwedlope is 'n sport waar die uithouvermoë van die deelnemers tot die uiterste getoets word.
Gewoonlik bestaan die spanne uit 3 of 4 lede en hulle moet navigeer oor ruwe terrein van punt tot punt slegs met behulp van kompasse en kaarte. Ggeen GPS’e of radio's word toegelaat nie.
Heelwat verskillende sportdissiplines word ingesluit en bergfietsry, grotkruip, veldhardloop, touwerk, oriënteerwerk, kanovaart, swem, kloofklim en abseil is slegs sommige van die tipiese sportdissiplines.
Daar is geen individuele glorie nie. Of die hele span voltooi die avontuurwedloop suksesvol óf die hele span word gediskwa-lifiseer indien selfs net een lid moet onttrek weens watter rede ookal.
Die span moet kan funksioneer as ‘n eenheid en moet sterk- en swakpunte van die spanlede kan bestuur.
Die wêreldkampioenskappe behels ‘n 700 km ekspedisie-wedloop waarvan meeste van die dissiplines deel sal vorm en die 91 spanne aan getoets gaan word.
_jpg.jpg)
Landie Visser hardloop oor berge en dale.
_jpg (Medium).jpg)
Christiaan Greyling spook deur nog ‘n voetpaadjie in lowergroen berge.