GEORGE NUUS - Hierdie atlete van Van Kervel Skool is gekies vir die Eden LSEN-atletiekspan.
Hulle gaan saam met die res van die Eden LSEN-atlete aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe wat hierdie naweek, 15 en 16 Maart, by die Del Josafat-stadion in die Paarl plaasvind, deelneem.
Voor, van links is Shenick Venter, Freakline du Plessis, Anwill Petersen, Carla van der Merwe, Valentino Loggenberg (spankaptein), Letisha Nell, Hayrem Meiring, Fernando Baadjies, Roselin Tities en Charné Thana. Agter: Annagret Pauw (spanbestuurder), Wayne Lee Damons, Keanu Williams, Byron Kiewiets, Luwaydon Makok, Gideon de Bruin, Gerhard Bouwer, Ethan Harker, Prinade Kennedy, Joshua Titus en Daan-Louis Gerber (atletiekorganiseerder).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’