GEORGE NUUS - Vrydag 2 September was Laerskool Outeniqua een van 16 skole wat aan hul jaarlikse hokkietoernooi deelgeneem het.
Dit vind al langer as 10 jaar plaas en hierdie jaar het Top Gear Sport en TyreMart weer die toernooi moontlik gemaak.
Die skool is baie trots op die o. 13A-seuns en o. 13A-dogters wat die toernooi gewen het.
Die hokkietoernooi is moontlik gemaak het deur die borge Ters Giliomee van Top Gear Sport (links) en Oeloff Badenhorst van TyreMart. By hulle is die skool se hokkieorganiseerder, Melony Kitching.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'