GEORGE ROBALNUUS - 'n Oorwinning oor Kommaweer Stoffeerders het die Trompies van span Boksombende nou die voortou laat neem in die Ricoh en Puteniqua Plumbing Besigheidsliga van die Outeniqua-rolbalklub.
Talisman het na verskeie reekse vir die eerste keer die tweede plek op die punteleer ingeneem danksy 'n oorwinning oor Garden Route wat hulself nou in die sewende plek bevind.
Die nuweling-span, Moore Stevens, het na die vierde plek opgeskuif na 'n sege oor Butz & Gutz wat na die agste plek teruggesak het. Die ervare KTV het na 'n nederlaag in die tweede ronde weer na die vyfde plek opgeskuif danksy hul oorwinning oor Spares Squad in die derde ronde.
Vanaand (Donderdag) word die vierde ronde beslis en die verwagting is dat die kompetisie gaan kook met nog net twee rondes oor in die reeks. Die wedstryde begin om 18:00 wat deur alle belangstellendes gratis bygewoon kan word. Ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
1 Boksombende 35; 2 Talisman 34; 3 Bowling Stones 34; 4 Moore Stevens 34; 5 KTV 31; 6 Finovo 31; 7 Garden Route 28; 8 Butz & Gutz 28; 9 Ricoh 27; 10 Incredibowls 27; 11 Mac Dee Hops 26; 12 Kommaweer Stoffeerders 25; 13 Coastal Relax 24; 14 Meyerkon 24; 15 Chanel Doggy Parlour 23; 16 4 Musketeers 23; 17 Ricoh Sales 22; 18 Spares Squad 21; 19 Outeniqua Woods 21; 20 Just Property 21; 21 King Earls 19; 22 Golden Girls 19; 23 Bril-jant 19; 24 Carpet King 17; 25 Biopolar Plumbing 16; 26 Bowlistics 16; 27 Tyres & Treads 15; 28 Bearing Warehouse 12.
Die Trompies van span Boksombende wat tans die punteleer lei, is van links: Sydnet van Rensburg, Graham Ferreira, Johan Klue en Chris Meyer. Foto: Jannie Meyer
Wedstrydlys:
King Earls t Golden Girls; Bril-jant t Carpet King; Biopolar Plumbing t Bowlistics; Tyres & Treads t Bearing Warehouse; Boksombende t Talisman; Bowling Stones t Moore Stevens; KTV t Garden Route; Finovo t Butz & Gutz; Ricoh t Incredibowls; Mac Dee Hops t Kommaweeer Stoffeerders; Coastal Relax t Chanel Doggy Parlour; Meyerkon t 4 Musketeers; Ricoh Sales t Spares Squad; Outeniqua Woods t Just Property.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'