Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Die George Tens Sport & Lifestyle Festival het vroeër vandag begin. Gholfspelers het vanoggend by die Kingswood-gholfklub afgeslaan.
Vanmiddag is ‘n rugbyafrigtingskliniek by Conville Primêr gehou waar sowat 60 rugbyspelers van die skool, George High en Parkdene Sekondêr dit bygewoon het.
Nie eers die reën kon die geesdrif van die spelers demp nie.
Hulle is deur bekendes in rugbykringe soos Bevin Fortuin, oud-Springbok, Phillip Snyman, voormalige kaptein van die Blitsbokke en Niklaas Soutman, oud-SWD-speler, in die fynere kunsies van die spel touwys gemaak.
VIDEO - Phillip Snyman en Bevin Fortuin wys die jong spelers van die fynere kunsies van die spel:
Die geleentheid is ook deur Heyneke Meyer en Ig van der Merwe, organiseerders van die fees bygewoon. Wynie Strydom, bekende in Blou Bul-rugbykringe, wat help met die reëlings van die fees, was ook teenwoordig.
Meyer het gesê een van die fees se groot doelwitte is om terug te gee aan die gemeenskap. Daar het al in die verlede bekende Springbokke soos Bevin Fortuin uit die gemeenskap gekom.
Meyer het benadruk dat al reën dit, gaan die fees voort. Toeskouers is welkom, maar toeskouergetalle word as gevolg van Covid-19-regulasies beperk.
Die fees duur tot Sondag.
Video - George Tens is hier:
Van die rugbyspelers wat die afrigtingskliniek bygewoon het.
Bevin Fortuin aan die woord by die rugbyafrigtingskliniek.
Video - Bevin Fortuin by Tens-afrigtingskliniek:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'