Gallery
GEORGE NUUS - Dinge het geroer by Conville-swembad waar Swem Suid-Afrika die afgelope week 'n vier dae lange vlak 3-gala (17 tot 20 Maart) aangebied het.
Burgemeester Leon van Wyk en die president van Swem SA, Alan Fritz, het die geleentheid amptelik geopen met 'n spesiale ontwikkelingsprogram vir kinders uit die Conville-gemeenskap.
Die program het ten doel om die kinders aan swem bloot te stel. 'n Klub gaan in die gemeenskap gevestig word wat kinders die geleentheid sal bied om kompeterend deel te neem.
Van Wyk het gesê die geleentheid vorm deel van die raad se strategie om sporttoerisme te bevorder. Alan Fritz het gesê hy sien groot moontlikhede om groter kompetisies in George aan te bied.
President van Swem Wes-Kaap en Eden Swem, Lluwellyn Coetzee, is gevra om met die munisipaliteit in gesprek te tree oor die vereistes en ontwikkelings-moontlikhede van 'n fasiliteit.
Conville-swembad was die gasheer van die vlak 3-gala met 350 deelnemers van oor die Wes-Kaap.
"Ongeveer 1 230 besoekers het die gala bygewoon, wat 'n beraamde ekonomiese inspuiting van R7,2 miljoen vir die dorp gehad het," het Coetzee gesê.
FOTOGALERY: Swem kry hupstoot met ontwikkelingsprogram
Die SA junior streekgala vind vanaf 29 Maart by Conville plaas. Sowat 200 swemmers van die Wes- en Oos-Kaap sal aan die geleentheid deelneem, wat oor vyf dae sal strek.
George-burgemeester Leon van Wyk open die gala en verwelkom die deelnemers.
Mayor Leon van Wyk was accompanied by the members of the executive mayoral committee and acting municipal manager, Dr Michelle Gratz (centre with red slacks).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'