GEORGE NUUS - SWD-tweekamp het 'n sterk span van 68 atlete gekies om aan die 43ste Sportmans Warehouse SA kampioenskappe van 30 tot 31 Maart in Pretoria te gaan deelneem.
Die span vertrek op Donderdag 29 Maart na Pretoria.
Meer as 800 atlete uit 14 provinsies gaan skouers skuur op die Pilditch-atletiekstadion en die Hillcrest-swembad in Pretoria om te bepaal wie die beste tweekamp-provinsie in Suid-Afrika is.
Die SWD het 'n hele paar sterk aanspraakmakers wat medaljes kan wen. Net die WP het verlede jaar meer medaljes as die SWD ingeoes.
SWD se hoop op goud lê in die hande van atlete soos Johan Windt, Gustav Schlechter, Lara Schlechter, Chris van Wyk en Ruben Gouws, Ruben het tydens die SWD-kampioenskappe 'n nuwe SA rekord van 2 455 daargestel.
SWD se hoop op goud by die SA tweekampkampioenskappe lê in die hande van atlete soos Johan Windt (bo) en Gustav Schlechter (links).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'