GEORGE ROLBAL-NUUS - Supporters klou verbete aan die voorsprong op die punteleer van die Love 4 Vintage en FNB Insurance Somerliga vir besigheidspanne nadat hulle 'n belangrike hekkie, KTV, suksesvol oorkom het.
Kirsten & Tulleken Vervoer (KTV) is die kampioene van die vorige rolbalreeks en 'n taai neut om te kraak.
Nou wag die gedugte JB Motors vanaand (Donderdag) vir Supporters en as hulle hierdie hindernis ook uit die weg kan vee, staan hulle 'n goeie kans om tot die kampioenskap te vorder.
Maar daar is nog 'n hele paar ervare en gedugte spanne wat binne bereik is en met 'n goeie vertoning nog die appelkar kan laat kantel.
Kloppers, wat Seamans Renault geklop het, kom nou teen Accidental Bowlers te staan. Laasgenoemde het Bruwer Reynolds Prokureurs geklop en beklee tans die derde plek met Kloppers vierde.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua Rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om die geleentheid gratis by te woon.
Die klublede berei ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
1 Supporters 34; 2 JB Motors 32; 3 Accidental Bowlers 31; 4 Kloppers 30; 5 Toyota Butz & Gutz 30; 6 Disasters 29; 7 KTV 29; 8 Bowling Stones 29; 9 York Auto 29; 10 Spoed 28; 11 Kommaweer Stoffeerders 28; 12 Miskruiers 26; 13 The Privates 26; 14 Bruwer Reynolds Prokureurs 26; 15 Vorster Motors 25; 16 Frikkie 25; 17 Just Property 23; 18 Mac Dee Hops 23; 19 Diva's 23; 20 Seamans Renault 20; 21 Jack's Paint & Hardware 19; 22 Talisman 18; 23 4 Musketeers 18; 24 Butter Bowls 16; 25 Mend a Bath 15; 26 Magic Rollers 13; 27 Biltong & Braai 13; 28 Ricoh 10.
Wedstrydlys:
Supporters t JB Motors; Kloppers t Accidental Bowlers; Disasters t Toyota Butz & Gutz; KTV t Bowling Stones; York Auto t Spoed; Kommaweer Stoffeerders t Miskruiers; The Privates t Bruwer Reynolds Prokureurs; Vorster Motors t Frikkie; Just Property t Mac Dee Hops; Diva's t Seamans Renault; Jacks's Paint & Hardware t Talisman; 4 Musketeers t Butter Bowls; Mend a Bath t Magic Rollers; Biltong & Braai t Ricoh.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'