GEORGE ROLBAL NUUS - Die Robbertse-egpaar van Stilbaai, Piet en Magda, het met die goue medaljes weggestap in die Eden gemengde pare kampioenskap wat by die George-rolbalklub beslis is.
Altesaam 84 spanne van oor die hele streek het vanjaar ingeskryf en die kompetisie was geweldig taai vanuit die staanspoor. Selfs in die uitspeelstryde was daar min te kies tussen die voorlopers met elke span wat geweier het om bes te gee.
Die Robbertse het egter koelkop gebly en tot die laaste bal op die titel gefokus. Hulle het vir prof. Stadler en Petro Breedt van die George-rolbalklub in die eindstryd uitgeskakel.
Die derde plek is deur Das Barnard en Anri Fick, van Outeniqua-rolbalklub, ingeneem. Die wenners gaan nou Eden-rolbal by die SA gemengde pare kampioenskap van 20 tot 23 Junie in Ekurhuleni verteenwoordig.
Anri Fick en Das Barnard, van Outeniqua-rolbalklub, het die derde plek ingeneem. Helene Gagiano (links) verskyn saam met hulle.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'