GEORGE NUUS - Holy Cross Primary se swembad is toegerus met splinternuwe duikblokke, danksy bydraes van borge en harde werk deur ouers en swemmers van Garden Route Swimming School (GRSS).
Om die nuwe blokke in te wy is 'n spesiale duikkursus verlede Saterdagoggend, 9 Maart, met die hulp van die duikafrigter Francois Boshoff van Knysna Aquatics aangebied.
Swemskole vanuit die hele Eden-distrik het van die geleentheid gebruik gemaak om hul swemmers se duikvermoë te verbeter.
Die eienaar van GRSS, Franna Vorster, is gaande oor die nuwe blokke wat deur honderde swemmers by Holy Cross se swembad gebruik sal word.
Hy bedank hul hoofborge, RAW Steel, Plastics for Africa en Bearing Warehouse.
Soos vlieënde visse sweef dié swemmers deur die lug. Foto: Deidre Cloete
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’