GEORGE ROLBALNUUS - Tydens die openingsronde van die eerste sosiale liga na die inperking-verligting, was die Outeniqua-rolbalklub verlede Dinsdag vereer met 'n besoek van Heather Boucher, visepresident van Rolbal Suid-Afrika.
Boucher, wat die moeder is van die Protea-kriekerspeler Mark Boucher, het tydens die besoek die klub gekomplimenteer met die opgradering van die fasiliteite wat tydens die inperking gedoen is.
Sy het ook vertel dat hulle in die proses is om vanaf Oos-Londen na George te verhuis en dat hulle dan by die klub gaan aansluit.
Span Redline, wat saamgestel is uit lede van span Boksombende wat die vorige reeks gewen het, het vanuit die staanspoor hul stemme dik gemaak deur in die eerste ronde die voortou te neem. In die tweede ronde het hulle teen Accidental Bowlers te staan gekom en 'n groot oorwinning behaal wat die verloorders vanaf die tweede na die negende plek laat terugsak het.
Ricoh het ook 'n goeie oorwinning behaal en na die tweede plek opgeskuif met Loerie Guest Lodge in die derde plek.
As gevolg van die openbare vakansiedag is die reeks wat vanaand (Donderdag) gespeel sou word, Dinsdagaand reeds afgehandel.
Die visepresident van Rolbal Suid-Afrika, Heather Boucher, aan die woord tydens die eerste ronde van die handelsliga by Outeniqua-rolbalklub. Agter staan Phillip Hatting en Das Barnard.
Uitslae:
Tweede ronde:
1 Redline 28; 2 Ricoh 23; 3 Loerie Guest Lodge 23; 4 Finovo 19; 5 Elbow Benders 19; 6 T&T 18; 7 KTV 18; 8 Butz & Gutz 16; 9 Accidental Bowlers 16; 10 Kommaweer Stoffeerders 15; 11 Coastal Relax Foam & Beds 15; 12 SP Legal 14; 13 Talisman 10; 14 Just Property 9; 15 Bowling Stones 8; 16 Carpet King 6.
Eerste ronde:
1 Redline 14; 2 Accidental Bowlers 14; 3 Butz & Gutz 12; 4 Ricoh 11; 5 Loerie Guest Lodge 11; 6 Coastal Relax Foam & Bed 11; 7 Elbow Benders 10; 8 KTV 10; 9 Finovo 6; 10 Just Property 6; 11 T&T 5; 12 Bowling Stones 5; 13 Kommaweer Stoffeerders 5; 14 Talisman 4; 15 Carpet King 2; 16 SP Legal 2.
John Dampier, visepresidant van Outeniqua-rolbalklub (links), komplimenteer hier vir JuandéBarnard van Coastal Relax Foam & Bed met sy hoofborgskap van die sosiale liga.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'