GEORGE ROLBALNUUS - Dit raak nou hoe later hoe kwater in die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbers-rolballiga vir beigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub met Skubbe wat steeds 'n 3 ligapunte voorsprong handhaaf.
Die voorlopers het hul eerste plek in die liga te danke aan 'n goeie oorwinning oor Kommaweer Stoffeerders in die vierde ronde.
Butz en Gutz, wat vir Vault Properties geklop het, beklee tans die tweede plek terwyl Kommaweer Stoffeerders hulself in die derde plek bevind. Coastal Relax, wat die vierde plek beset, kom vanaand (Donderdag) teen hul vriende van die rolbalbaan af, Kommaweer, te staan en beide spanne maak hul reg om te toon dat vriendskap nie op die rolbalbaan geld nie.
Skubbe moet by Butz & Gutz verbykom om te verseker dat hulle die eindronde in die eerste plek ingaan.
Die wedstryde, wat gratis bygewoon kan word, begin om 18:00 op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark.
Die eindronde word op 7 Oktober gespeel wanneer al die spelers op 'n gratis biefstuk-ete getrakteer word. Nie-spelers kan ook langs die etenstafel inskuif teen R100 per ete. Etes kan bespreek word deur vooraf met Phillip Hattingh by 062 544 2233 te skakel. Daar is net 'n beperkte hoeveelheid biefstukke beskikbaar.
Uitslae
1 Skubbe 47; 2 Butz & Gutz 44; 3 Kommaweer Stoffeerders 44; 4 Coastal Relax 39; 5 Redline 38; 6 Bowling Stones 38; 7 Vault Properties 37; 8 Accidental Bowlers 36; 9 Bay Beds 35; 10 KTV 34; 11 Two of a Kind 34; 12 Mat Katte 33; 13 SP Legal 33; 14 Diesel Koppe 31; 15 Bowlistics 30; 16 Just Property 28; 17 Enough is Enough 27; 18 Finovo 27: 19 South Cape Properties 26; 20 Blanco Buurtwag 25; 21 Africorp Accounting 25; 22 George Auto 24; 23 Ricoh 24; 24 Tax Consulting 13.
Wedstrydlys
Skubbe t Butz & Gutz; Kommaweer Stoffeerders t Coastal Relax; Redline t Bowling Stones; Vault Properties t Accidental Bowlers; Bay Beds t KTV; Two of a Kind t Mat Katte; SP Legal t Diesel Koppe; Bowlistics t Just Property; Enough is Enough t Finovo; South Cape Properties t Blanco Buurtwag; Africorp Accounting t George Auto; Ricoh t Tax Consulting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'