GEORGE ROLBAL NUUS - Die vreugdevure het op Valentynsdag hoog gebrand by die senior lede van die Outeniqua-rolbalklub nadat hulle die jonges tydens die jaarlikse, Jonk teen Oud-kompetisie oortuigend geklop het.
Die ondervinding het duidelik die oorhand gehad oor die jeugdige fiksheid. Die seniors het uiteindelik met 221-194 gewen.
Die jonges het die afgelope vyf jaar agtereenvolgens die toernooi gewen, maar hierdie keer het die oues vasgebyt en enduit goeie rolbal gespeel.
Die vorige twee jaar het die oues na die eerste sessie voorgeloop, maar toe in die laaste sessie stoom verloor. Hierdie keer was dit anders en het hulle geweier om bes te gee.
Tydens die prysuitdeling het elke dame 'n rooi roos van klubpresident, Greg Young, ontvang ter viering van die volgende dag se Valentynsdag.
Phillip Hatting, wat hierdie gewilde kompetisie etlike jare gelede begin het, ontvang hier links die trofee namens die oues van John Dampier, visepresident van die klub. Foto's: Jannie Meyer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'