GEORGE NUUS - Die derde ronde van die Outeniqua-rolbalklub se besigheidsliga word vanaand (Donderdag) gespeel in weerwil van Eskom se kragonderbreking wat dieselfde tyd plaasvind. Die klub het 'n kragopwekker bekom om ook krag aan die spreiligte te verskaf. Vault Properties loop van meet af aan voor en kom vanaand teen Accidental Bowlers te staan.
Die groentjiespan van Outeniqua Moths het vriend en vyand verras deur van die 14de tot die derde plek op te skuif. Hulle het hierdie skielike opgang op die punteleer te danke aan 'n puik oorwinning oor George Auto.
Die wedstryde word op die Outeniqua-rolbalklub se bane in Airwayweg, Heatherpark, gespeel en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Die klub stel ligte etes beskik-baar asook 'n kontantkroeg.
Uitslae:
1 Vault Properties 25; 2 Accidental Bowlers 23; 3 Outeniqua Moths 22; 4 Kommaweer Stoffeerders 22; 5 Bowling Stones 22;
6 Securitas 22; 7 Boksombende 21; 8 Finovo 18; 9 Mat Katte 18; 10 Moore SC Inc 18; 11 Diesel Koppe 18; 12 SP Legal 17; 13 Southern Cape Properties 1 16; 14 Ricoh 16; 15 Ou Rollers 16; 16 Butz & Gutz 16; 17 Wild Rovers 15; 18 Mustangs 15; 19 Tax Consulting 15; 20 Mend a Bath 14; 21 Bowlistics 14; 22 Enough is Enough 11; 23 Rheeder Vervoer 11; 24 Southern Cape Properties 2 11; 25 George Auto 11; 26 Africorp Accounting 8; 27 Cruizin Canine 8; 28 TRS 5.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'