Philip Hattingh sal as tesourier aanbly terwyl Basie en Rosa du Preez voortaan die leisels as kompetisiesekretaris by Jaco Visagie sal oorneem.
Du Preez het in sy presidentsboodskap die 2010-jaar as die grootste jaar tot nog toe uitgesonder en het sy komitee en klublede vir hul besondere toewyding tot die klub se inisiatiewe oor die jaar bedank.
Ontwikkeling van die sport deur middel van verskeie inisiatiewe en projekte tesame met ‘n baie positiewe klubgees is as enkele hoogtepunte uitgesonder.
Daar is verder besluit dat die klub vir die derde agtereenvolgende jaar nie sy klubfooie sal verhoog nie. Lidmaatskap vir die 2011-jaar sal R330 beloop met ‘n eenmalige aansluitingsfooi van R150 vir nuwe lede.
Gerhard Kotze is as erelid tot die klub aangewys vir sy bydrae, spesifiek vir die wyse waarop hy as perkemeester die klub se bane in soms moeilike omstandighede in stand hou.
Die geleentheid is ook gebruik om die 2010-klubkampioene se trofees te oorhandig.
Francis Goussard en Kobus Barnard is onderskeidelik die klub se dames- en mansenkelspelkampioene terwyl Barnard ook die klub se gemengde (ope)enkelspelkampioen is.
Johan Meyer en Eliana Hattingh is die klub se beginnerskampioene vir spelers wat nog nie drie jaar lid van ‘n klub is nie.
Benewens die enkelspelkampioene is trofees ook aan die parekampioene, driespel- asook viere-kampioene oorhandig.
_jpg.jpg)
Die dames-vierekampioene is van links Mae Flanagan, Petro Scheepers, Esther Thomas en Heila Judge.
_jpg.jpg)
Die gemengde driespelkampioene is (van links) Rosa du Preez, Engela van Rooyen en Kobus Barnard. Saam met hulle is vise-president Johan Meyer (agter).
_jpg.jpg)
Francis Goussard ontvang haar damesenkelspeltrofee van Johan Meyer (vise-president).