GEORGE ROLBALNUUS - Rolbal het behoorlik vlam gevat onder die jeug op die George Rolbalklub se bane toe daar Saterdag 19 Oktober 'n interskole wisseltrofeewedstryd gehou is tussen George Hoërskool en Wittedrift Hoërskool van Plettenbergbaai.
Vier-en-twintig spelers het deelgeneem. Johan Havenga van George Rolbalklub is al lank besig met die bewusmaking van rolbal onder leerlinge by die hoërskole.
Sy droom is bewaarheid toe 'n wedstryd tussen twee skole gereël kon word. Dit was verblywend om die gees van vriendskap en kameraderie op die bane te sien.
George Hoër het Wittedrift Hoër met 'n vriendelike 26-10 geklop.
Die wenspan van George met Hylton Prins voor in die middel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'